Ope Brief aan die Moderatuur van die NG Kerk RE: SKENDING VAN PEDOFIELE SE MENSWAARDIGHEID EN DISKRIMINASIE DEUR DIE NG KERK Op 24 Augustus 2018 berig Maroelamedia aangaande die hofaansoek, om die NG Kerk se besluit oor selfdegeslagverhoudings ongeldig te laat verklaar, "Ds. Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk, sê die kerk wou nie hof toe gaan nie. 'Ons het gedink ons kan kerklike weë volg.'"[1] Op 17 September 2018 skryf ds. Janse van Rensburg in die Kerkbode, "Die hele aanloop tot die hofsaak en die dag in die hof was om baie redes vir my ’n slegte en ontwrigtende ervaring. Regsargumente en teologiese gesprekke is twee modusse van besinning wat nie waterdig van mekaar geskei kan word nie, maar beslis ook nie met dieselfde rasionale werk nie. Die hof is daarom beslis nie die plek waar daar oor komplekse teologiese kwessies uitsluitsel verkry moet word nie."[2] Dit wil voorkom of ds. Janse van Rensburg gou hierdie onaangename ondervinding vergeet het. Dit word verder bevraagteken of die Moderatuur die wil het, om kerklike weë te volg, om kwessies, wat die potensiaal het om voor die gelykheidshof te dien, aan te spreek en op te los. Oor die afgelope jare was daar ʼn daadwerklike dryf binne die NG Kerk, om homoseksualiteit te ontsondig en selfdegeslagverhoudings aanvaar te kry. Groot moeite is selfs gedoen om die Seisoen van Menswaardigheid as ʼn voertuig tot hierdie doel te implementeer. Wat hierdie proses tot gevolg het, is dat die deur oopgemaak is vir pedofilie, as seksuele ouderdomsoriëntasie, om ook in die kerk aanvaar te word, sonder diskriminasie en inbraak op menswaardigheid, op gelykevoet met homoseksuele genderoriëntasie. Hierdie netelige toedrag van sake is in ʼn OPE BRIEF op 19 Maart 2020 onder die aandag van die Moderatuur gebring. Op 20 Maart 2020 het dr. Gustav Claassen ontvangs van die brief erken. Intussen is die brief verskeie kere aangepas en was die aangepaste briewe aan dr. Claassen gestuur. Hierop het ek egter nie ontvangsrekening gekry nie. Op 12 Junie 2020 rig ek weer ʼn skrywe aan dr. Claassen en word hy daaraan herinner dat ek nog geen terugvoer op die brief ontvang het nie. Weereens was daar geen ontvangsrekening nie. ʼn OPSOMING van die Ope Brief is ook gestuur, en tot op hede het die Moderatuur nie gereageer nie. Weens die erns van die saak en die verreikende gevolge wat dit inhou, rig ek die skrywe weereens in ʼn Ope Brief formaat aan die Moderatuur, en stuur dit ook aan elke gemeente en die media. Met die skrywe versoek ek ʼn afspraak met die moderatuur, in ʼn poging om die saak langs kerklike weë te besleg. Ek is in afwagting, om van u kantoor te verneem, wanneer hierdie afspraak sal plaasvind. Seën Groete André Bekker Hoof-uitvoerende beampte [1] NG KER EN GAYS: ALBEI PARTYE OPTIMISTIES OOR HOFUITSPRAAK: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ng-kerk-en-gays-albei-partye-optimisties-oor-hofuitspraak/
[2] DIE KERK SE GESPREK OOR SEKSUALITEIT: http://kerkbode.christians.co.za/2018/09/17/die-kerk-se-gesprek-oor-seksualiteit/
2 Comments
8/20/2020 17:00:56
Baie dankie Andre dat jy aanhou veg vir die waarheid.
Reply
poepol
12/20/2020 18:49:51
gaan weg
Reply
Leave a Reply. |
NewsAll the latest from our team of contributors... More Articles
All
Archives |